Dante Alighieri | |
---|---|
Dante deur Sandro Botticelli, 1495. | |
Gebore | Durante di Alighiero degli Alighieri Middel Mei tot middel Junie ca. 1265 |
Sterf | 9 September 1321 |
Nasionaliteit | Italiaans |
Beroep | Staatsman, digter, taalteoretikus |
Durante di Alighiero degli Alighieri, beter bekend as Dante Alighieri of slegs Dante (14 Mei/13 Junie 1265 – 13/14 September 1321), was 'n Italiaanse digter van Florence. Sy meesterstuk, die Goddelike Komedie (aanvanklik Comedìa), word die beste letterkundige werk in Italiaans[1][2] en een van die beste klassieke werke ter wêreld genoem. Dit bestaan uit drie dele: Inferno, Purgatorio en Paradiso.
Dante is bekend daarvoor dat hy die gebruik van die omgangstaal in letterkunde gevestig het in 'n tyd toe gedigte meestal in Latyn geskryf is en net toeganklik vir opgevoede lesers was. Sy gebruik van die dialek van Florence vir werke soos La Vita Nuova (1295) en Comedia het gehelp om die moderne gestandaardiseerde Italiaans te vestig. Deur sy gedigte in die Italiaanse omgangstaal te skryf, eerder as in Latyn, het Dante letterkundige ontwikkeling beïnvloed en Italiaans vir verskeie eeue die letterkundige taal van Wes-Europa gemaak.[3] Sy werk het 'n presedent geskep vir belangrike latere Italiaanse skrywers soos Francesco Petrarca en Giovanni Boccaccio.
Dante was instrumenteel in die vestiging van letterkunde in Italië en word beskou as een van die land se nasionale digters en die Weste se letterkundige ikone.[4] Sy beskrywings in Inferno, Purgatorio en Paradiso was die inspirasie vir 'n groot deel van die Westerse kuns en letterkunde.[5][6]